Agricultural holding in Vyfhoek, Potchefstroom
Hierdie Hoewe is geleë langs die Loop Spruit en grens aan Baillie Park (Ongeveer 3 km vanaf Mooirivier Mall). Die totale oppervlak beslaan 14 ha, wat reeds onderverdeel is in 5 kleiner landbouhoewes, naamlik: 1 x 8 ha en 4 x 1.5 ha. Die munisipaliteit beskik oor die kapasiteit om elektrisiteit vir 5 wonings te voorsien teen nominale koste. Die bewerkbare terrein bestaan uit twee terrasse (ongeveer 5 ha elk) met eenvormige helling wat vloedbesproeing vanuit die Mooirivier Staatswarerskema moontlik maak ( 7.1 ha is ingelys = 54 670 m³/jaar, waarmee 10 ha doeltreffend besproei kan word). Daar is reeds behoorlike paaie gebou (4m breed) wat al die strategiese punte verbind en tot op die oewer van die spruit strek.
Die bewerkbare oppervlakte en leiwater is voldoende vir ‘n 1000 volwasse pekaneutbome (of vir die kweek van jong bome), die kweek van lusern of groente, ens.
Daar is ‘n boorgat (nie toegerus) op die 8 ha gedeelte en boorplekke is reeds deur ‘n geohidroloog aangewys op elk van die 1.5 ha gedeeltes .
Daar is ‘n sekuriteitskamp ( ongeveer 2000 m²) wat met sonkrag funksioneer op die 8 ha gedeelte
.
Die oewergebied ( ongeveer 1 km lank) is ideaal vir die oprig van ontspanningsfasiliteite of vakansieverblyf.
Disclaimer: While every effort has been made to ensure the accuracy of the property's details and images, the agent and seller accepts no responsibility or liability for any errors or omissions.
Property Features
Key Features
Land Size14 ha
RatesR 190