1,7616ha Kleinhoewe met 3 Slaapkamers Te koop in Groot Marico
Pragtige 1,7616ha weiland te koop in die middelpunt van Groot-Marico Bosveld. Hierdie lieflike eiendom bied 'n pragtige 3 slaapkamer, 2 badkamer woonhuis met 'n groot, oop plan kombuis en sit- en eetkamer. Jy sal die koue wintermaande geniet by die warm koolstoof. Die eiendom bied 3 boorgate, waarvan 1 toegerus is, 3-fase Eskom-krag, en die hele tuin is onder besproeiing. Daar is ook onderdak parkeering vir 2 voertuie, 'n gereedskapstoor, en 'n ruim stoorplek wat omgeskep kan word in 'n woonstel. Laastens is daar nog 'n stoorplek. Die lieflike tuin is vol groen, met groot avokadobome, lemoenbome, mango-bome, naartjie- en suurlemoenbome en vyebome. Daar is ook 2 velde met smutsvingergras ideaal vir bees of skape. Ekstras sluit in: CCTV-toestelle, Lapa, grens aan die Tala Manzi-wildsplaas waar die wild teen aan jou eiendom rondbeweeg, en een kant van die eiendom is omhein met elektrisie omheining. Daar is ook 'n elektroniese motorhek. Hierdie eiendom is ideaal vir persone wat van die dolle gejaag van die stadslewe wil wegkom, aangesien dit slegs 202km vanaf Johannesburg en Pretoria af is.
Property Features
Key Features
Bedrooms3
Bathrooms2
En Suite1
Garages1
Carports2
Interior
Reception Rooms1
Lounges1
Dining Areas1
Exterior
Staff Quarters
Storeroom
Borehole
Built-in Braai