R 10 500 000 - 4 Bedroom Farm For Sale in Vyfhoek A H

Web Ref:  1807352
Area Vyfhoek A H, Potchefstroom, North West
Agency Noordbrug Properties

Ellen du Plessis
082 652 9404
ellen@noordbrugproperties.co.za
SPOGLANDGOED FEITLIK BINNE-IN POTCHEFSTROOM
Hierdie 70 ha veeplasie grens aan die nuutste noordelike ontwikkelingsgebied van Potchefstroom en is skaars 3 km vanaf Hoërskool Gimnasium en die sentale kampus van die Noord-Wes Universiteit.

Die weiding bestaan uit 55 ha natuurlike bos, eie aan die omgewing plus 11.5 ha oulandgras waarvan 1.5 ha besproeibaar is.

Watervoorsiening geskied uit drie boorgate met dompelpompe (6800-, 3000- en 1000 liter per uur), waterdruktoring met 10,000 liter tenk, ruim sementbesproeiingsdam met moederlyne en voldoende koppelpunte.

Die luukse dubbelverdiepingwoning van meer as 500 m² bied ‘n pragtige uitsig oor die omliggende natuur en is net buite hoorafstand van die pad- en dorpsgeraas. Die 3 ha plaaswerf behels onder meer ook twee 2-slaapkamer meenthuise , elk 110 m² met 2 badkamers en toesluitmotorhuis asook ‘n 2-slaapkamerwoonstel van 130 m² in. Die huidige huurinkomste van lg drie eenhede beloop R9000
.
Verdere verbeterings: Ruim toegeruste koelkamer, dubbelmotorhuis met afstandbeheerde deure, baie groot stoor met werkswinkel (staalstruktuur), motorafdak vir 4 voertuie, 4 werkershuise, voerstoor, skaapkraal en-stal plus uitgebreide veehanteringsgeriewe.

Bedrooms 4 Bathrooms 3 En Suite 1
Garages 2 Carports 6 Pet Friendly
Reception Rooms 1 Lounges 2 Dining Areas 1
Study Guest Toilet Kitchen
Laundry Kitchenette Toilet
Built-in Cupboards Flatlet Staff Quarters
Storeroom Garden Borehole